JOIN OUR MAILING LIST


Hoërskool Wonderfontein verkry sy naam van die fontein wat wonderlik ontspring 'n entjie buite Carletonville en wat bruisend borrel na bo!  Die fontein, ook genaamd Wonderfontein, het 'n ongelooflike rol gespeel in die vroeë nedersetters se lewe omdat water vir die plase so belangrik was.  Latere jare, was daar na die ontdekking van goud in die area verwys na die fontein van ekonomiese opbloei verwys as die fontein.

Die skool se leuse:  Lewe uit die Bron, kan verwys na die lewe wat die oorspronklike fontein gegee het, of die ekonomiese lewe wat die ontginning van goud gegee het.  Maar in werklikheid verwys dit na die Bybel en die Christelike geloof.  Lewe uit die Bron van alle Lewe, met God en Jesus as die Bron van alle Lewe.

Wonderfontein gets its name from the fountain that fantastically rise from the earth just outside Carletonville.  This fountain, named Wonderfontein played an amazing role in the lives of the early settlers because water was so important on the farms.  In latter years the discovery of gold in the area also points to the economic fountain.

 

VISIE

  • Ons onderneem om die beste en mees effektiewe opvoeding aan al ons leerders te voorsien sodat hulle hul potensiaal op akademiese, kulturele, sport- en leierskapgebied kan bereik.
  • Ons as Wonnies poog om as `n eenheid, deur middel van verantwoordelikheid en diensbaarheid, mekaar volgens Christelike norme te lei tot suksesvolle en gelukkige Wonnies.

MISSIE

  • Om na aanleiding van die visie te verseker dat elke leerling na sy hoërskoolloopbaan kan sê ....

Hier is my belange op die hart gedra.  Hier het ek `n gebalanseerde  sport- ,  kultuur- en akademiese opvoeding ontvang.  Hier was ek deel van `n trotse  Wonnie-eenheid.  Hier kon ek my geloof in God, Ons Vader, uitleef en beoefen�.  Om Christelike opvoeding en onderwys gegrond op Bybelse norme aan sy leerders te bied terwyl die godsdienstige oortuigings van alle leerders met die nodige respek eerbiedig word.

 

KERNWAARDES

Die kernwaardes wat Hoërskool Wonderfontein nastreef en onderskryf kan as volg saamgevat word:

  • Leerders word onderrig in Christelike norms en waardes.
  • Leerders moet gemotiveerd en gelukkig wees om hul beste te doen en deel te neem aan alle aktiwiteite.
  • Wonnies is ʼn  voorstaander van en bevorder massadeelname sowel as prestasiedeelname.
  • Sport, kultuur, emosionele en geestelike ontwikkeling is ewe belangrik.
  • Akademie is van hoogstaande gehalte en geniet voorkeur.
  • Wonnies glo aan lojaliteit, deursigtigheid, dissipline en die respek vir die waardigheid van elke individu.
  • ‘n Gemotiveerde en tevrede onderwyskorps is die sleutel tot sukses.
  • Ons ouers moet ons vennote wees.
  • Alles wat ons doen is uitstaande en van ʼn hoë gehalte.

 



Terug Terug na bo